Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 08 APRIL 2018

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

IN DIE NUUS VANDAG:

LAASTE OPROEP VIR REGISTRASIE VIR DIE SARL 2018 AJV

SARL ELEKTRONIESE STEM STELSEL IS NOU BESKIKBAAR OM TE TOETS

En

LOTW ONDERSTEUNING VIR CQ WERK ALLE SONE (WAZ) TOEKENNING GAAN AANLYN

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

LAASTE OPROEP VIR REGISTRASIE VIR DIE SARL 2018 AJV

Die Pretoria Amateur Radio Klub, gasheer klub vir die 2018 SARL AJV en dinee later die aand, versoek hiermee alle lede wat nog vir die AJV en dinee wil registreer om dit so gou moontlik te doen sodat PARK die telling van gaste wat die AJV en dinee gaan bywoon kan finaliseer. Sluitings datum vir registrasie is op 12 April 2018.

Indien jy nie die algemene jaarvergadering kan bywoon nie, gee asseblief jouvolmagstem aan 'n lid wat sal bywoon. Vir al die lede wat die Konvensie-naweek bywoon, ry asseblief veilig en sien jou Saterdag by Farm Inn.

SARL ELEKTRONIESE STEMSTELSEL IS NOU BESKIKBAAR OM TE TOETS

Die nuwe SARL Elektroniese Stemstelsel is nou aanlyn en beskikbaar vir toetsing deur SARL-lede. Hierdie stelsel sal nou beskikbaar wees vir gebruik deur die Raad soos dit besluit word. Gaan asseblief na die volgende adres en probeer dit - www.sarl.org.za/Web3/ElectronicVoting/

Let asseblief daarop dat jy slegs toegang tot hierdie stelsel sal hê as jy 'n huidige opbetaalde lid van die SARL met stemregte ingevolge die Grondwet is. Stuur enige kommentaar of navrae na webmaster@sarl.org.za.

RADIO ZS APRIL 2018

Die April 2018-uitgawe van Radio ZS is beskikbaar vir aflaai vanaf die Liga se webwerf. In hierdie 60-bladsy-uitgawe kan jy lees oor die bedreigings vir radiokommunikasie wat handel oor draadlose kragoordrag, hoe om vroue in amateur radio te betrek, 'n send/ontvanger projek vir skoolkinders, meer inligting oor die Zepp-antenna en die toekennings van die 30-Meter Digitale Groep. Daar is meer om te lees in hierdie uitgawe.

Die redakteur bedank Georges Schleger, ZS1II, wat agt artikels vir die April-uitgawe verskaf, insluitende 'n 23-tot-2-meter-20-W-omskakelaar en 'n 13-cm-2-meter-omskakelaar.

Jy luister aan ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga

DIE GEHEIM VAN SUKSES OP BHF, UHF EN MIKROGOLWE IS BAIE HOË WINS ANTENNA STELSELS

Ons kan van die radio-astronomie leer. Toe die eerste groot 76 meter paraboliese skottel na die oorlog op Jodrell Bank in die VK gebou is, is mettertyd besef dat dit nie genoeg wins gehad het nie. Die 27-skottel-stelsel by Socorro in New Mexico, VSA, wat op 'n Y-spoorlyn gemonteer is, het 'n groot verbetering tot gevolg gehad, totdat die 305-meter vaste skottel by Arecibo in Puerto Rico aan die gang gekom het. Dit is op sy beurt onlangs deur die 500- meter vaste skottel in China vervang. Tans wag wetenskaplikes op die afhandeling van die lae-stelsel van die SKA in die Outback van Australië en die 3 000-skottel mid-stelsel in die Karoo, Suid-Afrika in 2024, wat 'n totale frekwensie van 50 MHz tot 15 GHz sal dek. Dit sal die grootste radioteleskoop wees wat ooit gebou is en sal die eerste sterrestelsels ná die Big Bang byna aan die rand van die heelal en talle ander vreemde en onbekende verskynsels kan opneem.

Radio-amateurs moet hiervan kennis neem en die hoogste wins Yagi-antennas bou wat hulle kan bekostig. Die resultate sal jou verras sowel as die afstande wat bereik word. Gelukkig gebruik digitale operasie op Mikrogolf EME lae krag en benodig nie meer groot skottels nie. 'n 1 meter-skottel sal dit kan doen. Maar wanneer toekomstige amateurs die sonnestelsel begin verken, het hulle dalk 10-meter-skottels en hoër krag op mikrogolwe nodig hê om digitale tweerigting kontakte via data en spraak te maak. Daar sal altyd 'n groep amateurs wees wat die amateur radio-vlag hoog sal hou wat deur die pioniers- en eksperimentele gees sal beweeg!

LOTW ONDERSTEUNING VIR CQ WERK ALLE SONE (WAZ) TOEKENNING GAAN AANLYN

Die ARRL- en CQ-tydskrif het die ondersteuning van die Logboek van die Wêreld (LoTW) vir die CQ se Werk Alle Sones toekenningsprogram (WAZ), wat onmiddellik van krag is, bekend gestel. Die doel van die projek wat sedert verlede jaar aan die gang was, is om ‘n behoorlike tegniese ondersteuningstelsel te skep sodat radio-amateurs LoTW-bevestigings vir WAZ-krediet kan indien, en dit is bereik, het CQ en ARRL in 'n gesamentlike verklaring gesê.

LoTW, die ARRL se elektroniese bevestigingstelsel vir Amateur Radio-kontakte, bied kontak bevestiging wanneer albei stasies hul logboeke oplaai na die stelsel en 'n ooreenkoms tussen die logboeke word bevestig. LoTW ondersteun reeds sedert 2012 die CQ WPX toekennings program.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak baie laag gaan bly. Daar is tans geen sonvlekke sigbaar nie en daar is ook geen kans vir sonfakkels nie. Diegene wat hulle eie frekwensie voorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

Tot 10:00 UTC vandag – die SARL BHF/UHF Digitale Kompetisie
10 April – Provinsiale Skole heropen
12 April – die sluitings datum vir die SARL 80 m QSO Geselligheid Logstate
14 April – die SARL AJV en snuffel mark
16 April – die sluitings datum vir die SARL BHF/UHF Digitale kompetisie logstate
18 April – Wêreld Amateur Radio Dag
21 April – die Herfs QRP Kompetisie
22 April – die ZS4 Naelloop

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die Pretoria Amateur Radio Klub, gasheer klub vir die 2018 SARL AJV en dinee later die aand, versoek hiermee alle lede wat nog vir die AJV en dinee wil registreer om dit so gou moontlik te doen sodat PARK die telling van gaste wat die AJV en dinee gaan bywoon kan finaliseer. Sluitings datum vir registrasie is op 12 April 2018.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.
Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Andy Cairns, ZS6ADY, geredigeer deur Vivian Dold, ZS6VD, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens u `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003